Opname van ’n Handvol gruis uit die Hantam

 Hier kan jy na die opname luister, vir dit stem en deel met jou vriende.
Gelees deur Elizabeth Kendall
Gedig geskryf deur C. Louis Leipoldt

’n Handvol gruis uit die Hantam –
My liewe, lekker Hantam-wyk!
’n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister, en nou is ek ryk.

Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeër jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
’n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk –

Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeër tyd
Toe die Hantam-wêreld al die wêreld
Vir my was in die vroeër tyd.
’n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk –
Waboom-blare, ghnarrabos-blare –
Arm eergister en nou skatryk!

9 Stem