Wat is "Die 100 gewildste gedigte in Afrikaans"?
Die 100 topgedigte
Die bundel
Gewildste Afrikaanse Gedigte is eksklusief by
Leserskring in boek- en CD-formaat beskikbaar.
Die koerantbylaag By, Leserskring en RSG het saamgespan om die gewildste gedigte in Afrikaans deur die publiek te laat kies – en hier is die 100 gewildste gedigte uit die sowat 1 300 gedigte wat benoem is!
Help ons nou om hierdie 100 gedigte in klank te verewig.Skep klankopnames van jou gunstelinggedigte, luister na die opnames van die gedigte en stem vir jou gunstelingopnames en vir jou gunstelinggedigte. Ons sal al die klankopnames hier bewaar sodat jy voortaan gratis op dié webblad daarna kan luister.