Opname van troetelwoorde vir ogilvie douglas

 Hier kan jy na die opname luister, vir dit stem en deel met jou vriende.
Gelees deur Elsie Calitz
Gedig geskryf deur Marlene Van Niekerk

’n bosbouer van ’n nedersetting by Grabouw het op ’n reëndag met sy mongoolkind op sy skoot gesit

kyk oggeliefie druppeldou
jakkals trou met wolf se vrou
ag die stomme wêreld wou
dat jy my kind sou wees
my kind hier in ons eie dorp
agter die bosrug van grabouw
my droomoogkind
met jou oophangmond
wat kwyl
soos heuningdruppelsdou
kyk daar’s druppels op jou mou
kyk daar’s druppels teen die ruit
o oggeliefie douglas
elke druppel is ’n sonnetrou
dit reën
jou pa kan nie vandag
sy boom gaan kap
o nooit volprese God
wat ook oor wurms
wag moet hou
seën die oggeliefiekind van my
en my sy pa
en daar sy maltrapma
o oggeliefie druppeldou
o jakkals trou met wolf se vrou

41 Stem