Opname van Kinders van die wind

 Hier kan jy na die opname luister, vir dit stem en deel met jou vriende.
Gelees deur Cato Bekker
Gedig geskryf deur Koos Du Plessis

Ek ken ’n ou, ou liedjie
van lewenswel en -wee;
van lank vergane skepe in
die kelders van die see.

Die woorde is vergete
en tog, die deuntjie draal –
soos vaag onthoude grepies uit
’n baie ou verhaal . . .

Van swerwers sonder rigting;
van soekers wat nooit vind . . .
En eindelik was almal maar
kinders van die wind.

Gesigte, drome, name
is deur die wind verwaai;
en waarheen ál die woorde is,
sou net ’n kind wou raai.

Swerwers sonder rigting;
soekers wat nooit vind . . .
En eindelik was almal maar
kinders van die wind.

8 Stem