Opname van Dis al

 Hier kan jy na die opname luister, vir dit stem en deel met jou vriende.
Gelees deur karen vosloo
Gedig geskryf deur Jan F.E. Celliers

Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en ’n voël draai bowe in eensame vlug –
dis al

Dis ’n balling gekom
oor die oseaan,
dis ’n graf in die gras,
dis ’n vallende traan –
dis al

7 Stem