Opname van Ek sing van die wind wat te keer gaan

 Hier kan jy na die opname luister, vir dit stem en deel met jou vriende.
Gelees deur Elizabeth Kendall
Gedig geskryf deur C. Louis Leipoldt

Ek sing van die wind wat te keer gaan;
Ek sing van die reën wat daar val;
Ek sing van ons vaal ou Karooland;
Van blomme wat bloei by die wal;
Van water wat bruis oor die klippe;
Van duikers wat draf oor die veld;
Van voëls wat daar sing in die bossies –
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Vir my sing maar liewers van blomme;
Van al wat die vlei laat verkleur;
Van al wat die sonskyn laat spartel;
Van voorjaar en najaar se geur;
Vir my sing maar liefs van die water;
Van duikers wat draf oor die veld;
Van rotse en brand Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

8 Stem