Totius

Totius

Totius is die pennaam van dr. Jakob Daniel du Toit, gebore op 21 Februarie 1877 in die Paarl, ’n seun van ds. S.J. du Toit. Op die Gedenkskool in Daljosafat was hy ’n tydgenoot van D.F. Malherbe en A.G. Visser. Hy gaan ook skool op Morgenzon in die distrik Rustenburg, Pretoria, besoek die Teologiese Kweekskool van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp en vertrek in 1900 na Amsterdam waar hy ’n doktorsgraad in die teologie behaal. Ná sy terugkeer is hy eers predikant op Nylstroom, toe op Potchefstroom. Vanaf 1911 tot 1949 is hy professor aan die Kweekskool op Potchefstroom. Hy het ’n groot aandeel gehad aan die vertaling van die Bybel in Afrikaans. Totius is op 1 Julie 1953 in Pretoria oorlede.

Die volgende digbundels uit sy pen is gepubliseer: By die monument (1908), Verse van Potgieter’s trek (1909), Wilgerboombogies (1912), Rachel (1913), Passieblomme (1934), Uit donker Afrika (1936) en Skemering (1947).

Bronne: Digters en digkuns – P.J. Nienaber (Afrikaanse Pers-boekhandel, 1963); Wikipedia

Gedigte deur Totius