S.V. Petersen

S.V. Petersen

Sidney Vernon Petersen is op 22 Junie 1914 op Riversdal gebore. Hy matrikuleer in 1931 aan die Hoërskool Trafalgar in Kaapstad. Hy studeer aan die Battswood Opleidingskollege, en sy eerste onderwyserspos was in Ladismith. Petersen behaal later sy BA-graad met Afrikaans, Engels en Wiskunde as hoofvakke aan die Universiteit van Kaapstad. In 1947, op 33-jarige ouderdom, word hy aangestel as hoof van die nuwe Hoërskool Athlone, ’n pos wat hy beklee tot sy aftrede in 1974. Petersen onderneem verskeie buitelandse reise, onder andere na Nederland, Engeland en die VSA, waartydens hy lesings oor die letterkunde en opvoedkunde lewer.

Vanaf 1941 word van sy gedigte sowel as kortverhale in tydskrifte soos Naweek, Suid-Afrika en Die Huisgenoot gepubliseer. In 1944 word sy eerste digbundel, Die enkeling, deur Unie-Volkspers gepubliseer. Sy laaste digbundel, Laat kom dan die wind, het in 1985 verskyn. Hy sterf op 30 Oktober 1987 op 73-jarige ouderdom.

Bron: www.nb.co.za

Gedigte deur S.V. Petersen