S.J. Pretorius

S.J. Pretorius

Sarel Jacobus Pretorius is gebore op 7 Januarie 1917 op Postmasburg. Hier gaan hy skool en daarna op Potchefstroom waar hy ook die P.U.K. besoek en sy B.A.-graad behaal. Hy verwerf in 1954 ’n Honneursgraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand. Later verwerf hy ook ’n doktorsgraad aan die Rijksuniversiteit van Utrecht in Nederland. In 1962 word hy by UNISA aangestel as lektor by die Afrikaans-Nederlandse departement, waar hy in 1982 as hoogleraar aftree. Pretorius is op 31 Maart 1995 aan ’n hartaanval in sy doktor se spreekkamer oorlede.

Van S.J. Pretorius het onder meer verskyn Vonke (1943), Die arbeider en ander gedigte (1945), Inkeer (1948), Die swygende God (1949), Grou mure (1953), Lemma (1974) en Amper postuum (1995).

Bronne: Digters en digkuns – P.J. Nienaber (Afrikaanse Pers-boekhandel, 1963); Wikipedia

Gedigte deur S.J. Pretorius