N.P. van Wyk Louw

N.P. van Wyk Louw

Nicolaas Petrus (N.P.) van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 op Sutherland gebore. Hy voltooi sy skoolloopbaan in Kaapstad. Hy studeer Duits en Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad en word in 1929 daar dosent in die Opvoedkunde. In 1948 word hy aangestel as hoogleraar in die Suid-Afrikaanse letterkunde, geskiedenis en kultuur aan die Universiteit van Amsterdam, ’n posisie wat hy tot en met 1958 beklee. Vanaf 1960 tot met sy dood in 1970 is Van Wyk Louw hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Hy debuteer in 1937 met die digbundel Alleenspraak, waarvoor hy die Hertzogprys vir poësie ontvang. Hy het daarna nog vier keer die Hertzogprys ontvang, die laaste keer was in 1965 vir sy bundel, Tristia.

Van Wyk Louw se bekendste gedigte sluit in “Grense”, “Die beiteltjie” en die epiese gedig Raka, en van sy bekendste dramas is Germanicus en Die pluimsaad waai ver.

Hy is op 18 Junie 1970 op 64-jarige ouderdom in Johannesburg oorlede.

Bron: www.nb.co.za

Gedigte deur N.P. van Wyk Louw