Lina Spies

Lina Spies

Carellina Pieternella (Lina) Spies is op 6 Maart 1939 op Harrismith gebore en matrikuleer ook daar. In 1963 behaal sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy verwerf doktorsgrade aan die Vrije Universiteit van Amsterdam (1970) en die Universiteit van Pretoria (1982). Sy was lektor aan die Universiteite van Port Elizabeth en Pretoria, en vanaf 1987 tot 1999 was sy professor in die Departement Afrikaans en Nederlands aan Stellenbosch Universiteit. Sy debuteer in 1971 met die digbundel Digby vergenoeg, wat in 1972 met die Eugène Marais- en Ingrid Jonker-prys bekroon word. Haar agtste digbundel, Duskant die einders, het in 2004 verskyn.

Bron: www.nb.co.za

Gedigte deur Lina Spies