Koos du Plessis

Koos du Plessis

Jacobus Johannes (Koos) du Plessis is op 10 Mei 1945 in Rustenburg gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Seunskool Hugenote op Springs. Daarna studeer hy vir ’n onderwysdiploma aan die Pretoriase Normaalkollege en behaal ’n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria. Du Plessis voltooi ook later ’n BA-honneursgraad in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Ná sy studies het hy by verskeie koerante soos Oggendblad, Die Vaderland, Die Nataller en Die Transvaler gewerk.

Hy het liedjies begin skryf tydens sy studentejare aan die Pretoriase Onderwyskollege. Sy groot deurbraak vind plaas in die laat 1970’s wanneer Katinka Heyns vier van sy liedjies vir die TV-program Phoenix en Kie gebruik. “Kinders van die Wind” was die temalied en dit is vertolk deur Laurika Rauch.

In 1979 stel Du Plessis sy eerste album, Skadu’s teen die muur, vry. Sy tweede album, As almal ver is, verskyn in 1981. In dieselfde jaar verskyn twee bundels van sy lirieke met akkoorde: Kinders van die wind en ander lirieke met wysies en akkoorde en die lirieke van As almal ver is. Sy derde album, Herbergier, verskyn in 1983.

Hy is op 15 Januarie 1984 in ’n motorongeluk oorlede.

Bron: www.nb.co.za

Gedigte deur Koos du Plessis