Jan F.E. Celliers

Jan F.E. Celliers

Johannes Francois Elias Celliers is op 12 Januarie 1865 op Wellington in die Wes-Kaap gebore. Sy oupa aan moederskant was die sendeling Izak Bisseux. Magdalena Bisseux, Izak se een dogter, is op Wellington getroud met Jan Celliers. Hy was aan vaderskant ’n afstammeling van Josué Sellier (ou spelling van Celliers) en Elisabeth Couvret, Franse Hugenote wat uit Orleans gevlug het, en ná ’n verblyf in Nederland in 1700 na die Kaap verhuis het.

Hy het een broer, Izak, en twee susters gehad. Een van Jan se susters was getroud met die bekende beeldhouer Anton van Wouw.

Jan Celliers is op 1 Junie 1940 in Johannesburg oorlede en is vanuit sy ou woonhuis in Sunnyside deur dr. D.J. Keet in die ou kerkhof in Pretoria begrawe.

In 1936 het Celliers ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns ontvang. “Die verdienstelike werke van Jan Celliers staan aan elke Afrikaner bekend,” het senator F.S. Malan gesê, “maar wat ek veral by die oorhandiging van die erepenning wil beklemtoon, is die baanbrekerswerk wat hy op die gebied van die Afrikaanse taal gedoen het.”

Die senator het gewys op die belangrike rol wat Celliers in die Tweede Taalbeweging gespeel het. “Die wyse waarop Jan Celliers die Afrikaanse taal aangewend het as literêre taal in ‘Die vlakte’ en sy ander gedigte, het die nuwe volkstaal status gegee. Dit het die volk daarvan bewus gemaak dat hy ’n eie taal het en hom geleer om daardie taal te waardeer.”

Bron: ATKV Skrywersalbum – Erika Terblanche (www.litnet.co.za)

Gedigte deur Jan F.E. Celliers