I.D. du Plessis

I.D. du Plessis

Izak David du Plessis is op 25 Junie 1900 op Phillipstown gebore. Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoër Jongenskool in Wynberg. Nadat hy sy studies aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het, hou hy tussen 1922 en 1924 skool op Worcester. In 1925 voltooi hy die B.Ed.-graad en in 1926 word hy sportredakteur van Die Burger. Die volgende jaar word hy assistentredakteur van Die Huisgenoot. Tussen 1928 en 1931 is hy lektor in Afrikaans aan die Kaapse Tegniese Kollege. Ná die voltooiing van ’n MA-graad in 1931 word hy dosent aan die Universiteit van Kaapstad. In 1948 word hy hoof van die Instituut vir Maleise Studies aan dieselfde universiteit. In 1951 word hy Kommissaris van Kleurlingsake en in 1961 Sekretaris van Kleurlingsake. Hy was ten nouste betrokke by die stigting van die Universiteit van Wes-Kaapland in 1961 waarvan hy in 1970 die eerste kanselier word. Hy sterf op 11 Desember 1981 in Kaapstad.

Hy ontvang in 1937 die Hertzogprys vir sy poësie. Du Plessis se werk in die kinder- en jeuggenre sluit in: sportverhale en sprokies, legendes en volksverhale, sowel as romans, waarin veral die Ooste ’n prominente rol speel. Vir sy jeugromans ontvang hy in 1962 die Scheeperspys.

Bron: www.storiewerf.co.za

Gedigte deur I.D. du Plessis