G.A. Watermeyer

G.A. Watermeyer

Gottfried Andreas Watermeyer is gebore op 5 Oktober 1917 in die Sneeuberge in die distrik Middelburg, in die destydse Kaapprovinsie. Hy besoek tot in standard 6 (graad 8) die regeringskool op hulle plaas, maar gaan in 1932 na die hoërskool op Middelburg. In 1937 aanvaar hy ’n betrekking in die staatsdiens van die destydse Transvaal. Hy is ook ’n tyd lank op Vaal Hartz en Middelburg werksaam. In 1940 studeer hy op Stellenbosch, maar onderbreek sy studies weens geldgebrek. Daarna werk hy in Johannesburg as boekhouer totdat hy in 1949 inskryf as student aan die U.K.O.V.S.

Oor sy digterskap oordeel J.C. Kannemeyer in in Die Afrikaanse Literatuur (1952-2004) as volg: “G.A. Watermeyer (1917-1972) publiseer in Atlantis or The Crying of the Waters (1954) somber visioene oor die ondergang van die Weste, terwyl hy in Die republiek van duisend jaar (1957) en Taalfeeskwatryne (1961) nasionaal-politieke verse met pleidooie vir apartheid of suiwerheid van bloed of ras bundel. Afgesien van enkele verse in Bitter brood (1965) is sy wesentlike bydrae tot die Afrikaanse poësie beperk tot sy debuutbundel, Sekel en simbaal (1948).”

Bron: Digters en digkuns – P.J. Nienaber (Afrikaanse Pers-boekhandel, 1963)

Gedigte deur G.A. Watermeyer