Eugène Marais

Eugène Marais

Eugène Nielen Marais is op 9 Januarie 1871 in Pretoria gebore. Hy het nie net as skrywer bekendheid verwerf nie, maar ook as joernalis, prokureur en wetenskaplike. Hy het ná skool by die koerant Land en Volk gaan werk, en was op 19-jarige ouderdom reeds die redakteur. Hy het daarna regte in Londen studeer en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy via Oos-Afrika na Suid-Afrika probeer teruggekeer. Hy het egter malaria opgedoen en eers ná die einde van die oorlog in Pretoria gearriveer.

Hy het in 1905 in die Waterberg-gebied gaan woon en later is sy studies oor diere, soos bobbejane (The Soul of the Ape) en termiete (Die siel van die mier), gepubliseer.

Een van sy bekendste gedigte “Winternag” is in 1905 gepubliseer en dit word steeds as een van die belangrike gedigte in Afrikaans beskou. Van sy ander bekende gedigte sluit in “Mabalêl”, “Skoppensboer” en “Diep rivier”. Een van sy ander bekende werke is Dwaalstories wat in 1927 verskyn het. Marais was aan morfien verslaaf en hy sterf op 29 Maart 1936 op die plaas Pelindaba nadat hy homself geskiet het.

Bron: www.nb.co.za

Gedigte deur Eugène Marais