Ernst van Heerden

Ernst van Heerden

Ernst van Heerden is op 20 Maart 1916 op Pearston in die Oos-Kaap gebore. Hy matrikuleer aan Hoërskool Grey in Port Elizabeth. Ernst verwerf ’n MA-graad in 1936 aan die Universiteit van Stellenbosch, en studeer verder aan die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam. Terug in Suid-Afrika gee hy klas op Stellenbosch en Pietermaritzburg. Van 1943 tot 1960 is hy ’n dosent by die Fakulteit Opvoedkunde op Stellenbosch. Dit word onderbreek deur ’n studietydperk in Gent (1951-1953) waar hy promoveer met ’n studie oor N.P. Van Wyk Louw. In 1960 word hy aangestel as dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hier is hy sedert 1967 professor in Afrikaans en Nederlands, ’n pos wat hy tot en met sy aftrede in 1981 beklee. Hy sterf op 30 September 1997 in Johannesburg.

In 1942 debuteer hy met Weerlose uur, met verskeie bundels wat daarna verskyn tot sy laaste bundel, Die herfstelike lig, in 1996. Hy ontvang twee keer die Hertzogprys vir poësie, in 1962 vir Die klop en in 1975 vir Teenstrydige liedere.

Bron: www.nb.co.za

Gedigte deur Ernst van Heerden