Elisabeth Eybers

Elisabeth Eybers

Elisabeth Françoise Eybers is op 26 Februarie 1915 op Klerksdorp gebore. Sy word groot en gaan skool op Schweizer-Reneke, waar haar pa predikant was.

Op 16-jarige ouderdom gaan studeer sy aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar sy haar BA-graad en haar BA Honneursgraad (met onderskeiding) behaal. Sy is daarna lid van die kunsredaksie van Die Vaderland en ook die redakteur van die tydskrif Die Moderne Vrou. Sy debuteer in 1936 met die digbundel Belydenis in die skemering. Sodoende word sy die eerste vrou wat ’n digbundel in Afrikaans publiseer, en in 1943 is sy die eerste vrou wat met die Hertzogprys bekroon word. In 1961 vertrek sy na Nederland om aanvanklik net vir ’n jaar te gaan. Sy woon uiteindelik vir 46 jaar daar tot met haar sterfte op 1 Desember 2007 op 92-jarige ouderdom in Amsterdam.

Sy het talle pryse ontvang, onder meer die Hertzogprys (1943, 1971), CNA-prys (drie keer), die W.A. Hofmeyr-prys en die Ou Mutual-prys, en in Nederland is sy ook met die gesogte P.C. Hooft-prys, die Herman Gorter-prys en die Constantijn Huygens-prys bekroon.

Bron: www.nb.co.za

Gedigte deur Elisabeth Eybers