D.F. Malherbe

D.F. Malherbe

Daniel Francois Malherbe is op 28 Mei 1881 in Daljosafat, distrik Paarl, gebore. Hy besoek die Hugenote-Gedenkskool, matrikuleer op Wellington en behaal sy B.A.-graad in 1902 op Stellenbosch. Hy gaan vir verdere studie na Duitsland waar hy in 1905 ’n doktorsgraad verwerf. Ná sy terugkeer na Suid-Afrika neem hy ’n leidende aandeel in die taalstryd. Vanaf 1907 tot 1909 was hy hoof van die skool op Carnarvon en vanaf 1910 tot 1941 hoogleraar aan die G.U.K., Bloemfontein. In 1918 is hy benoem as die eerste professor in Afrikaans. Hy is op 12 April 12 1969 in Bloemfontein oorlede.

Malherbe het die Hertzogprys vir prosa in 1926, 1930 en 1939 gewen. Hy het ook verskeie digbundels gepubliseer: Karroo Blommetjies (1909), Klokgrassies (1914), Die timmerman (1921), Brood op die weg (1939), Duine en pioniere (1951) en Kruis en kraai (1957).

Bron: Digters en digkuns – P.J. Nienaber (Afrikaanse Pers-boekhandel, 1963); Wikipedia

Gedigte deur D.F. Malherbe