Boerneef (I.W. van der Merwe)

Boerneef (I.W. van der Merwe)

Boerneef, die skuilnaam van Izak Wilhelmus van der Merwe, is op 11 Mei 1897 op die plaas Boplaas naby Ceres gebore. Hy gaan skool op Ceres en studeer later aan die Universiteit van Kaapstad. Hy verwerf ’n M.A.- en B.Ed-graad. Ná universiteit hou hy skool by South African College High School (S.A.C.S.) waarna hy van 1922 tot 1961 as dosent en later professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad verbonde is. Boerneef sterf op 2 Julie 1967 in Kaapstad en word in 1968 postuum met die Herzogprys vir poësie bekroon.

Boerneef was hartstogtelik verknog aan sy kontrei: die Kro, die Kamdebo, Koorsteenberg en Katbakkies; Sikketaarskloof, Soebatsfontein, Speserykloof. In sy vroeëre jare het hy meestal net kortverhale en prosa geskryf en hy het eers later (op 61-jarige ouderdom) begin dig. Hy was bekend vir sy gedigte oor plaas en stad, asook Karoo-Afrikaans. Boerneef het na sy gedigte as “volkspoësie” verwys.

Bron: www.nb.co.za

Gedigte deur Boerneef (I.W. van der Merwe)