A.G. Visser

A.G. Visser

A.G. Visser (1878-1929) was ’n volksdigter en ’n digter van wrang liefdesgedigte, maar ook van die humoristiese spotvers en die wyse spreuk om geslagte skoolkinders en hul ouers te vermaak met sy droewige verse en allerlei wyshede oor die ironiese gang van die lewe.

Visser was ’n mediese dokter wat lank ’n praktyk op Heidelberg in (die ou) Transvaal gehad het, maar hy het met sy gedigte van elke slag en soort baie meer as net die mense in sy praktyk "genees".

Hy was twee keer getroud: in 1913 met Lettie Conradie (oorlede in 1920), en in 1927 met Marie de Villiers.

Hy is in 1926 en in 1928 met die Hertzogprys bekroon.

Bron: www.nb.co.za

Gedigte deur A.G. Visser